[vc_row][vc_column][vc_column_text]Dierbare familie, vriende en medewerkers in Christus.

Wat ‘n heerlike voorreg om mekaar so te kan ken en so te kan waardeer!

So opgewonde – weer terug in Siberie! Donderdag, 6 Okt, gevlieg vanaf Kiev tot in St Peterburg met ‘n klein Russiese vliegtuig, wat baie gehop en heen en weer geruk het met die landing! Eerste keer wat ek in ‘n Russies- of Oekrainiese vliegtuig was waar die mede-passasiers nie hande geklap het na die landing nie! Die ses-ure vlug, met ‘n groter vliegtuig, oor ‘n verdere 5 tydsones vanaf StPetersburg tot in Irkutsk, hoofstad van die Irkusk provinsie in Siberie, was baie aangenaam en ek het saammet al die ander passasiers met ‘n handeklap die loods laat weet dat dit ‘n uitstekende vlug en landing was! Die Irkutsk’provinsie’, seker omtrent 20% van Siberie, is geografies groter as SA!

Die ongewone ‘warm’ weer, 3 grade bokant vriespunt, en pastor Andre, wat 3uur die oggend reeds opgestaan het en vir ons met groot blydskap met ‘n warm omhelsing ontvang het, was vir ons ‘n baie spesiale seen-verwelkoming.

Soos met elke vorige koms na Siberie, was dit ook hierdie keer nie moontlik om voor die tyd ‘n bedienings-toerprogram uit te werk nie. Die eerste wat Andre gevra het was –‘vir hoe lank kom julle hierdie keer?’ Toe ons vir hom se moontlik net drie weke, was sy onmiddelike reaksie – ‘hoekom so kort?’ Hy wil ook he ons moes reeds Dinsdag per trein die 600 km afle na Taishet, die hoofdorp van ‘n streek waar ons vriend, Valodia, pastor is. Later meer oor Valodia en Taishet en die ontsaglike uitdaging van daardie gebied.

Dankie vir julle voorbidding vir ons. Soos ‘n paar keer voorheen, het ek ‘n paar dae voor ons vertrek allerhande simptome gekry van konstante loopneus en koorsigheid ens. Die nag in die vliegtuig het ek genadiglik 3 sitplekke oopgekry en kon ek le en bietjie slaap en baie bid en luister en Woord oordink. Besondere tyd van geestelike voorbereiding en groeiende opgewondenheid en verwagting vir die tyd wat voorle! Kragtige vars Woord-openbaring deur die nag in die vliegtuig, en ook die eerste drie nagte hier in Irkutsk (ek kon eers om en by 5uur in die oggende aan die slaap raak – want dis dan slaaptyd in Oekraine!) Soos so dikwels voorheen het ek weer so helder besef dat in die werklike praktiese ‘gaan’ in gehoorsaamheid van Christus se Groot Opdrag, is die Heilige Gees soos kragtige vars asem van God, hemelse suurstof, wat jou hele wese vul en met vibrerende, polsende Christus-liefde deurweek! Die Gees en Waarheid openbarings-Woord verlig jou hele wese… Die liefde van Christus, die liefde van die EEN wat vir ALMAL gesterf het, ALMAL se doodvonnis betaal het, is die heilige energie, ‘compassion’ van God wat jou dring, wat jou laat ervaar en ‘verstaan’ en jou laat ken en beleef dit wat alle verstand te bowe gaan.(Ef.3:14-21). Die ‘dunamis’, dinamika, van hierdie ‘encounter’ en stroom van openbaring is juis omdat die ‘fontein’ in ons bedoel is om in strome van lewende, lewe-gewende water, uit te vloei om genesing en bevryding en lewe te bring vir die duisende rondom ons wat siek en geestelik dood is. Honderde duisende pragtige jongmense se lewens word vernietig deur die vloek van dwelms en massas sterf jare voor hulle tyd agv die gif van sonde! Lukas 4:18-21 se salwing waarin Christus geopereer het, is die salwing van en vir SY liggaam wat SY werk moet voortsit! Christus in ons is die Messias vir die armes, die gebrokenes die gevangenis, die blindes en die verblryseldes – HY in ons, is Vader se Goeie-Nuus-seeninge van genesing en bevryding en gesig en volkome heelmaking vir ALMAL! Ons is op aarde om God se aangename jaar van verlossing en aanneming vir almal aan te kondig! Die Hemelse Brood word vir ons gebreek sodat ons die Jesus-brood kan uitdeel aan die massas honger en behoeftige mense.

Tewyl ek nou in letter-woorde probeer uitdruk, dit wat die kennis oortref, ervaar ek weer so ietsie van wat ek/ons beleef het in Sondag se twee dienste hier in Irkutsk. Saterdagnag het ek min geslaap. In die proses van luister en ervaar wat die Heilige Gees se het ek skielik besef dat ek volkome genees is. Die openbaring van die volkomenheid van die Seun van God se verlossing, waarvoor Vader Hom gestuur het, was soos ‘n ontploffing van heerlikheid in my gees wat my siel volkome verlig het. Ek dink dit is juis waarom my liggaam nie anders kon as om te reageer nie. In ‘n oomblik was elke simptoom, wat soveel ongemak veroorsaak het, weg! Selfs my fisiese krag en vitaliteit was volkome herstel – en dit na ‘n hele paar ure se wakker le tot in die oggend-ure. Baie, baie dankie ook in die besonder vir julle voorbidding vir ons. ‘n Hele paar keer het ek al beleef dat in ‘n oomblik was ek skielik verlos van siekte-simptome, of een of ander probleem situasie, en dan dikwels het ek die gewaarwording gekry dat iemand in SA daardie oomblikke vir my/ons gebid het.

Ek wou eintlik probeer om ‘n beskrywing te gee van Sondag se ‘gebeure’. Woorde ontbreek… By beide geleenthede kon ek myself aan die begin nie eers voorstel aan die gemeente nie, ek kon nie eens ‘n ‘inleiding’ gee vir dit wat gese sou word of sou gebeur nie. Daar was net onmiddelik ‘n totale bewussyn van ‘in die heiligdom’, in die troonkamer, en dat elkeen van die saaltjie stampvol mense ingesluit is, en alles in Christus gedeel het. Terselfdertyd was ek skielik bewus van die agtergrond geluid van die voertuie wat by die gebou verbygestroom het. Alles in my het gebreek in die besef dat ook die duisendes daarbuite ingesluit is in dieselfde liefde-hart en boesem van ons Vader, die plek wat Christus vir elkeen moontlik gemaak het om naterug te kom. Dis die plek waar ons vandaan kom en waar ons hoort nou en vir altyd. Dis die enigste plek wat ‘ONS VADER’ tevrede stel, die plek van volkome verlossing vir tyd en ewigheid volgens God se kennis en begrip en wil van wat Christus se geregtigheid is, wat vir elkeen van ons bedoel is. Wat ‘n geweldige gedagte dat die enigste verskil tussen ons en die massas ‘daarbuite’, is dat ons God se Goeie Tyding gehoor het en Christus as ons geregtigheid deur SY geloof ontvang het. Die Heilige Gees in ons lei en leer ons nou en bekragtig ons om Christus-getuies te wees! ALLES wat die mees volwasse kind van Vader hier op aarde NOU reeds kan beleef in die krag-openbaring van die Heilige Gees, is en was in Christus se kruis en opstanding reeds volbring en dis ook bedoel vir elkeen vd miljoene wat nie eens ‘n vae benul van die Evangelie het nie! Die misterie mag nie ‘n misterie bly nie – Christus het SY werk terwille vd die nasies, twv die hele wereld volbring! Die Heilige Gees is gestuur deur Vader en Seun om ons te bekragtig met SY vermoe en krag en liefde om ons in die hele waarheid in te lei en Christus in en deur ons te verheerlik = Christus sigbaar gestalte te laat kry in ons sodat die wereld die geleentheid kan kry om te hoor, te sien en te ervaar wat Vader vir elkeen bestem het in en deur SY SEUN, SY EVANGELIE…

Soos by elke ander geleentheid is alle afstand en vreemdheid, agv watter natuurlike redes ookal, onmiddelik gekanselleer in die ontsaglike openbaring van ons ewige insluiting in Christus van voor die tyd en vir alle tyd en ook na alle tyd – van ewigheid tot ewigheid! Die waarheid van ons ‘in Christus’ identiteit, kanselleer alle ‘identiteite’ wat mure en afstande tot gevolg gehad het tussen mense, wat almal een oorsprong en een bestemming het! Mense wat dan saam besef – ‘ons Vader is in die Hemel, ons is nie van ‘stof tot stof’ nie, maar van ‘heerlikheid tot heerlikheid’. Ons is ‘van bo gebore’ – ‘uit HOM, deur HOM en tot HOM! Ons is geskape in die beeld en gelykenis van God, wat liefde is, en SY liefde is in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees! Ons is een! Ons het mekaar lief met Vader se liefde! SY LIEFDE IN ONS is die onweerstaanbare drang en ook die onweerstaanbare genade toerusting wat ons instaat stel om Jesus se Groot Opdrag uit te voer – sodat die wereld vol sal wees van die heerlikheid van God, van die heerlikheid van die kennis van ons Christus!

Sedert ons gekom het, het ons elke dag meer as een bedienings geleentheid gehad. Eintlik kan ek ook nie meer tradisioneel dink aan ‘bedienings-geleenthede’ nie. Bediening is soveel meer as ‘n formele geleentheid waar ‘n klomp of ‘n klompie mense op ‘n ge-organiseerde plek of tyd bymekaar kom om te luister na ‘n ‘preek’ en dan daarna ‘n geleentheid kry om voor gebid te word. Hierdie ‘geleenthede’ is ook goed en baie belangrik, maar die voorbeeld van ‘bediening’ wat Vader op aarde behaag het en ewige vrug voortgebring het, is die Logos, die Woord, wat mens, net soos ons, geword het, en tussen mense gebly het. Konstant en spontaan het Jesus die ‘heerlikheid openbaar van iemand wat net uit God gebore was en aan mense ‘ge-openbaar’ het dat Sy Vader ook hulle Vader was en is!! Ons hele lewe, ons daar wees op aarde, waar op aarde en wanneer ookal, is dan eintlik God se konstante ‘bedienings-geleentheid’. Selfs die sogenaamde ‘klein’ geleentheid, miskien om met ‘n enkele persoon te gesels, is God se ‘groot geleentheid’ waarvan daar nie statistieke gehou kan word van die ewige voortgaande resultate nie. Die verlossings-gevolge van Christus se een ‘geleentheid’ om die een Samaritaanse vrou te ontmoet het haar hele dorpie ingesluit en kring nog steeds oor al die eeue heen uit en sluit eintlik die hele wereld in.. Die een Ethiopieer waarheen die Heilige Gees vir Filippus geneem het, het ‘n hele kontinent verteenwoordig. ‘Christus in ons’ en ‘ons in Christus’ is Vader se konstante bedieningsgeleentheid.

Ek dink nou bv aan ons 11-ure nag-treinrit van Irkutsk tot hier in Taishet. Ons treinrit was Vader se ‘bedienings-geleentheid’. Daar was twee treine van omtrent 2 ure uitmekaar wat vanaf Mosko, via Irkutsk en Taishet gegaan het. Ons moes vinnig ‘inspring’ en na 11 ure weer ‘uitspring’ uit die trein – want in Irkutsk het die trein vir 3 minute gestop en in Taishet net vir 2 minute! In Rusland is alle afstande lang afstande! Ons trein was vanaf Mosko oppad na iewers nog baie, baie ver anderkant Taishet, net duskant die grens van Sjina! Dis maklik ‘n week se nag-en-dag treinrit! Ons trein se kaartjies was omtrent ‘n derde goedkoper as die volgende trein. Hulle het ook vir ons plekke gekry in die platskar trok/wa. Die tweede trein was natuurlik baie meer luuks. In elke trein is die platskar waens se kaartjies omtrent een derde goedkoper as die waens met die gewone ‘kajuite’ met sy vier ‘gemaklike’ slaapplekke en met ‘n deur wat kan toestoot. In die platskar trok, wat dieselfde grootte en lengte is as al die ander waens, is daar ‘n derde meer slaapplekke as in die gewone waens. Daar is geen deure nie, net afskortings tussen die verskillende kompartemente. Omdat daar twee ekstra slaapplekke aan die gangkant is, is alle slaapplekke heelwat korter as in die gewone trokke. Ons het platskar kaartjies gekry. Ek en Dima was in twee verskillende ‘kajuite’ Ek het my kajuit gedeel met drie Usbekistan manne, ‘n pa en sy 17jarige seun en ‘n jong familie lid en in die gang was daar twee jong soldate. Omtrent 80% vd persone in die trok was jong soldate. Soos gewoonlik het ek myself voorgestel aan my ‘medepassasiers’. Hulle was dadelik ge-interesseerd in die ‘vreemdeling’ van Afrika en het dit natuurlik die deur vir my wawyd oopgemaak om spontaan, en met die bewussyn van Vader se ontsaglike liefde, vir hulle te vertel waarom ek in Siberie is. Wat ‘n voorreg dat ons die waarheid ken van elke persoon wat ons ontmoet. Al het die drie Usbekistaners gedink hulle is Moslems en die twee soldate miskien gedink het hulle is ateiste, het ek geweet dat Mohammed nie die pa was van die Usbekistaners nie, en dat die leuen, dat daar nie ‘n God is nie, so dwaas is dat dit nie eens ter sprake gekom het in ons gesprek met mekaar nie. Ek het ook geweet dat alles wat van my waar is in Christus ook waar is van en vir hulle. Net soos ons is hulle ook van alle ewigheid in Christus ingesluit en deur ‘ons Vader’ geseen en gekies in Sy Seun om te wees waar Jesus is en, soos Jesus, heilig en sonder skuld voor Vader omdat hulle in Christus deur Vader bestem is om Sy eie seuns te wees! Lees maar weer Ef.1;3-4. Elkeen, ons en hulle, was en is ingesluit in alles wat Vader God in die kruisiging en opstanding van Sy Seun, Jesus, gedoen het!(Ef.2:1-7). Wat ‘n onbeskryflike voorreg om, tewyl jy met mense gesels, vol te wees met dieselfde Heilige Gees en dieselfde liefde(Rom.5:5) wat vir Jesus op aarde gevul en gelei het. Voordat Dima van sy ‘kajuit’ gekom het om te kyk hoe dit met my gaan het ons klompie manne reeds ge-‘konnek’ in die deurweekte atmosfeer van Vader se guns-liefde vir ons almal! Daar is een stem en taal wat elke mens op aarde verstaan, en dis die liefde-waarderingstem van elke mens se Goeie Herder, wat Sy lewe afgele het vir al Sy verlore skape, terwyl ons almal nog verlore was!(Jes.53:6, Joh.10:3-4,9-10). Toe Dima kom was elkeen se hart reeds wawyd oop en kon ons maar net voortgaan om op so ‘n heerlike spontane manier virelkeen aan ons Vader voor te stel en kon ons almal saam in verwondering ontdek hoe kosbaar ons vir ons Vader is wat vir elkeen van ons waardeer het in die ontsaglike prys wat Hy vir ons betaal het in die offer van God se Lam wat al ons sonde op Hom geneem het en ons met Vader versoen het! Sommer so in die gesels het ons spontaan oop-oog begin ‘bid’ en vir Vader dankie gese vir Sy wonderlike liefde vir ons en dat Hy vir ons van alle ewigheid in Sy Seun, Jesus geken en aangeneem het en in Sy ewige volmaakte liefde nooit verwerp het nie… Loof ons Vader dat Jesus as ons geregtigheid ge-openbaar word deur die Heilge Gees aan elkeen wat die Vader se goeie nuus hoor! Loof ons HERE dat geloof is SY gawe vir die wat die ‘woord van die waarheid van die Evangelie hoor!’(Ef.1:13,2:8). Nuwe skepping het voor ons o-e sigbaar geword!

Dima het toe vir my gese dat die mense in sy kompartement ook die ‘vreemdeling’ wil ontmoet. Op die ou end het aldrie, twee susters en een jong suksesvolle ingeneur, wat ook een van Rusland se kampioen ‘kick-boxers’ was, vir Christus en hulle Vader ontmoet. Die een suster, Marina, woon ook in Usbekistan. Sy was skoon oorweldig deur Jesus wat in Sy liefde-offer vir haar verlos het en al haar skuld betaal het, en haar vergewe het. Haar suster het al voorheen die Evangelie gehoor en het net begin ‘blom’ in die ontdekking van die wonderlike werklikheid dat hierdie Evangelie regtig God se krag is wat haar ook verlos het en sy was sigbaar gevul met Jesus se geloof en vrede en blydskap. Alexander, die groot en sterk Rus, het my vasgedruk en sy epos adres en tel nommer vir my gegee en ons is as vriende en broers uit mekaar uit.

Geen mens kan bepaal wat God verder kan doen deur ‘n paar individue wat ontelbare ander verteenwoordig, ook die hele Usbekistan, waarheen ons ook nou ‘n dringende uitnodiging gekry het.

Dinsdag, 18 Okt:

Ons is oorweldig deur die geweldige behoefte en die dringendheid van die kairos-geleentheid in hierdie uitgestrekte landstreek. So ‘n kosbare voorreg om vir honger mense die Brood van die Lewe te gee! Soos voorheen is ons konstant besig om oral ook baie individue te bedien – mense bly spontaan agter na ‘n vergadering of diens en vra vir persoonlike bediening. Waar ons ookal tuis is kom mense na ons toe en maak hulle honger en behoefte en nood bekend. Heerlike vrugbare ure van dag-tot-dag Christus-Woord lewe-bediening. Wat ‘n voorreg! Loof Koning Jesus vir die al meer en meer ‘dissipelskap’-getuienisse van blywende resultate en volkome verlossing en genesing en lewens wat permanent verander is. Saammet die blydskap wat ons beleef, is daar terselfdertyd ‘n diep gebrokenheid oor die miljoene wat in duisternis en onkunde voortstrompel. JESUS SE BEDIENING is hiernodig. Ek het nou eers gou Matt 9 deurgelees! Lees dit asseblief. Besondere ‘suksesvolle bedieningstog’ van Jesus – “..en Jesus het al die dorpe en ‘villages’ deurloop en geleer en die Evangelie van die Koninkryk verkondig/geproklameer en elke siekte en kwaal genees..”Mt9:35. “…en toe Hy die skare sien, was Sy binneste in beroering – hulle was soos skape sonder ‘n herder, absoluut verslae en vol wonde neergewerp..’ Jesus draai na Sy dissipels en se vir hulle: Die oes is so groot en die arbeiders min! Bid die HERE van die oes, dat HY arbeiders in SY OES sal instuur! Die behoefte was so onmiddelik en dringend dat Jesus nie eens kon wag tot na Sy kruisiging en die koms van die Heilige Gees nie. Hy het onmiddelik Sy dissipels na Hom geroep en hulle ‘tydelike’ mag oor onrein geeste gegee om hulle ut te dryf en om siekes te genees’… Die kruis en opstanding van Christus is verby. ALLES wat nodig is vir die verlossing vir elke mens is suksesvol afgehandel! JESUS stuur ons soos VADER Hom gestuur het. Die Heilige Gees is gestuur deur Vader en Seun om ons toe te rus om CHRISTUS-getuies te wees, om JESUS se bediening op aarde voort te sit!

Taishet, twaalf ure se treinrit verder van Irkutsk, is die hoofdorp van ‘n baie groot uitgestrekte streek waar daar net 5 van die 55 dorpe en ‘villages’ is waar daar ‘n Evangeliese kerkie is. In die oorgrote meerderheid van die plekke is daar nie ‘n enkele gelowige gesin wat daar gevestig is nie. Valodia, pastor van Taishet, is verantwoordelik vir die hele uitgebreide streek van honderde kilometers in deursnit. In ‘n vorige skrywe het ek vir julle iets vertel van die geskiedenis van Valodia. Hy is in alle opsigte ‘n Goddelike trofee van genade. Die feit dat hy nog leef, dat hy so volmaak vrygemaak is en gesond is, dat hy getroud is en dat hulle 3 pragtige kindertjies het – alles is net een groot wonderwerk-verhaal van God se genade-op-genade! Hy is ‘n onverskrokke getuie vir Christus en ‘n merkwaardige pastor en leier. Verlede jaar, terwyl ons by hom was vir ‘n paar dae, het hy vir ons met sy ‘rammelrige’ Lada karretjie geneem na die paar kerkies wat hulle geplant het om mense te besoek en daar te bedien. Van die plekke waar ons gery het sou ‘n toets gewees het vir enige groot 4X4!

Terwyl ek daar was het ek besef hoe groot hulle behoefte is aan ‘n goeie voertuig, veral ‘n voertuig wat ook gebruik kan word vir die vervoer van spanne en vir die rehabilitasie sentrum, Vader het vir my oortuig dat ek ons voertuig, ‘n agt sitplek, 1993 Toyota Previa, vir hom moet gee. Hy was so opgewonde oor die voertuig en wou self dit kom haal en teruggery het oor die omtrent 7000km van ons basis tot in Taishet. Ons het toe uitgevind dat die grensbelasting vir die voertuig sou oor die $6000 wees! Ons het saam ooreengekom om die kar in Oekraine te verkoop en dan die geld vir Valodia te gee sodat hy ‘n goeie tweedehandse Japannese voertuig kon koop hier in Siberie. In Siberie, soos in die suide van Rusland, is meer as 70 persent van al die voertuie wat gebruik word tweede-handse Japannese voertuie wat via die hawe in Vladivastok direk ingevoer word vanaf Japan. Hierdie voertuie is glo baie beter as nuwe Russiese voertuie.

Vader het, nadat ons ses jaar sonder ‘n voertuig in Oekraine was, op ‘n besondere wyse vir ons die fondse voorsien om die Toyota Privia te koop. Vir vyf jaar lank het die Toyota vir ons wonderlike diens gegee en ek het baie tyd gespaar en baie duisende kilometers oral in Oekraine met hom rondgery vir bediening. Wonderlik geseende voertuig! Kort voordat ons die kar vir Valodia gegee het, het ons baie geld spandeer en die enjin en bakwerk was in uitstekende toestand. Ek het gevoel dat ek met ’n goeie gewete die kar kon adverteer vir $7000. Die beste aanbod wat ons na ‘n paar maande gekry het was net $5000. Drie maande gelede, terwyl ons die naweek in die groot stad Nikolaiv bedien het, het Vader ons baie duidelik oortuig om die voertuig te gee vir die ‘New Covenant’ gemeente in die stad – veral vir gebruik vir hulle jeugbediening. Ons was soos gewoonlik tuis by Igor en Tania, die jeugpastor-paar van die gemeente. Interressant, omtrent 4 jaar terug het die enjin van ons Toyota, net buite Nikolaiv, oppad terug na Odessa, na ‘n besondere geseende naweek van bediening, gebreek. ‘n Lidmaat van die gemeente het ons kom insleep met sy klein ou Moskvitsh karretjie. Elke nou-en-dan moes hy stop sodat sy karretjie kon afkoel! Ons het die Toyota gelos in Igor-hulle se agterplaas. Regoor hulle het ‘n uitstekende werktuigkundige, Vova, gebly. Die man het sy eie klein vliegtuigie opgebou! Kort daarna het ons SA toe vertrek en toe ons 3 maande later terugkom in Oekraine kon ek feitlik dadelik Nikolaiv toe gaan om daar te gaan preek en terug te ry met ons kar met ‘n uitstekende enjin wat Valodia volledig oorgedoen het. Daardie naweek het ek al gewonder of ek nie die kar vir Igor-hulle moet gee vir gebruik, veral vir hulle baie groot jeugbediening. Ek het egter vrede gekry dat ons die kar nog moes hou. Nou, drie jaar later was dit Vader se tyd dat hulle die voertuig moes oorneem! Die Toyota word nou daagliks daar gebruik en is ‘n ontsaglike groot hulp vir hulle. Van alle gemeentes in Oekraine is ons die langste en mees persoonlik betrokke met Nikolaiv. Vir meer as 15 jaar reeds loop ons ‘n absoluut unieke pad met die mense in die besondere gemeente. (Dit gebeur seker selde dat ‘n mens een kar twee maal kan weggee!)

Valodia vertrou nou saammet ons dat Vader vir hulle sal instaat stel om ‘n geskikte bedieningsvoertuig te kry waarmee hulle die wye gebied kan bereik. Eergister aand was ons saam met Valodia na een van hulle gemeentes vir ‘n diens in ‘n dorpie 40 km hiervandaan. Die rit soontoe en weer terug was elke keer amper twee ure lank – ‘n lekker pad om jou groot 4X4 op uit te toets!! Gister het ons saam met Valodia gegaan na ‘n gemeente 140 km hiervandaan. Dit was ‘n langer as drie ure rit op uiters slegte paaie. Twee keer het daar ‘n Toyota 4X4 rustig by ons verby ‘gespoed’ en ek het in my hart so ‘n voertuig vir hulle gegun! Die grootste gedeelte van die jaar ry hulle ook op sneeu-paaie.

Valodia het sedert ons net meer as twee jaar gelede vir die eerste keer by hom was, reeds in vyf dorpe gemeentes geplant. Hulle rehab sentrum is in dieselfde twee-verdieping ou houtgebou waar ek en Dima in tuis is en waar hulle gemeente byeenkomste ook gehou word. Die meer as 25 rehabilitante slaap, eet en werk in en vanuit hierdie kompleks. Vanaf Taishet moet ons more per trein omtrent 500 km verder ry na Vigerievka en Bratsk. Oor ‘n paar dae moet ons weer via Taishet teruggaan na Irkutsk vir ‘n paar vol dae van bedienings-afsprake en daarvandaan terugvlieg na Oekraine. Ons vertrou Vader vir ‘n wonderwerk dat ons, voordat ons Siberie moet verlaat, vir Valodia die volle bedrag sal kan gee waarvoor ons die Toyota wou verkoop.

Die winter het aangebreek – omtrent 3 weke laat hierdie jaar! Vandag het dit die eerste keer gesneeu en die yswind het ons laat besef dat ons in Siberie is! Valodia se seuntjie is verlede jaar 17 Des gebore – daardie dag was dit minus 53 gr C!!

Vigerievka en Bratsk, waarheen ons nou oppad is, is twee baie strategiese dorpe. Ek kan nie in ‘n paar woorde vertel van wat laasjaar daar gebeur het nie, o.a. ook toe ons ‘n maksimum sekuriteitstronk besoek het. Ons kon verlede jaar, vanaf Vigierevka, net die laaste aand na Bratsk gaan. Die pastor, sy naam is ook Valodia, het spesiaal met sy motor vir ons kom haal vir daardie Maandagaand. Die kerkie was stampvol, ook al die rehab persone was daar. Van 7- 9nm het ons Woord bedien. Pastoor Valodia het ons toe gevra om asseblief voort te gaan en persoonlik vir die mense te bedien. Die Heilige Gees het op ‘n merkwaardige wyse gewerk en eers 3uur die oggend het hy gese ons kan nou maar gaan! Daar het absolute wonderwerke van verlossing en vrymaking en genesing plaasgevind. Daarna het ons ‘n heerlike maaltyd by hulle as gesin gehad. Ons kon toe ook vir vier van sy kinders, wat nog wakker was(!), persoonlik ontmoet en bedien. Wat ‘n merkwaardige gesin. Hulle het 11 kinders, 7 seuns en 4 dogters! Elke kind is iemand besonders, baie pragtig en begaafd en almal is so lief vir die Here.

Vir die vyf dae in Irkutsk was ons tuis by Michael en Anja en hulle twee klein seuntjies, Elia, jaar en 8 maande, en Benjamin, 1 maand. Michael is een van die sewe seuns van Valodia! Hy is maar 23 jaar oud. Besondere begaafde en geseende jong man! Hy is pastor van ‘n nuwe gemeente in Irkutsk wat maar ‘n paar maande gelede begin is. Uitstekende kitaar speler en lei ook die gemeente in lof en aanbidding. Ons het in Irkutsk en die buurdorp, Angarsk, waar ons nou weer was voordat ons Irkutsk toe gekom het, ‘n hele paar studente en jongmense ontmoet wat daardie nag in Bratsk was. ‘n Hele paar van die Bybelskool studente in Angarsk, was nog verlede jaar in die Rehabilitasie sentrum!

Dis ons derde besoek aan Rusland hierdie jaar sedert my voetoperasie, 8 Desember, einde verlede jaar.

Ons eerste besoek was in Siberie gedurende die eerste 3 weke van Mei. Ek het vir Dima, my geseende tolk en medewerker, en Katja, sy vrou, in Mosko ontmoet en saam gevlieg na Irkutsk. Katja is ook ‘n baie goeie tolk en kon dikwels vir Dima aflos na baie ure se konstante tolkwerk. Sy is baie bekwaam en gee reeds klas in ‘n universiteit in Kiev. Sy is vir ons tot groot hulp met haar gawes van administrasie! Sy het boek gehou van alles en name van persone en insidente opgeskryf. Ook het sy al ons kaartjies vooruit gereel en goedkoopste pryse beding en uitgevis!

Dit was ‘n baie geseende en vrugbare besoek. My voete, wat begin Desember verlede jaar ge-opereer is, het nog redelik probleme gegee en het baie geswel agv die lang ure staan en ver ente loop. Ons was weereens verras en geseen oor die blywende en groeiende vrug van vorige besoeke. ‘n Groot persentasie van rehab persone wat ons kon bedien is nou reeds in Bybelskole en selfs in aktiewe voltydse bediening. Ook genesings getuienisse. Ons het baie honderde kilometers, dikwels op uiters swak paaie, gery na verskillende dorpe en ‘villages’ en oral het ons die heerlike vrug beleef van Christus se volkome verlossing in die kragwerk van die Heilige Gees. Weer en weer het ons die wonder kon beleef van kosbare verlore mense wat vanuit die ‘koninkryk van duisternis oorgekom het na die Koninkryk van die Seun van God se liefde’! Wat ‘n voorreg om te juig saammet die engele en die Vader se blydskap te beleef van verlore seuns en dogters wat terugkom huis-toe, terug in die ‘huis met sy baie wonings’ wat Jesus vir ons voorberei het! Wat ‘n onbeskryflike voorreg om op aarde saammet die hemelinge die effek te sien van verlossing, bevryding, genesing = ‘NUWE SKEPPING IN CHRISTUS’!

Ons volgende besoek in Rusland was vanaf 28 Junie – 21 Julie.

‘n Groot deel van hierdie besoek was ek, Dima en Katja, vergesel van Pastor Freddie Steenkamp van die Deo Doksa gemeente van Jeffreysbaai, en sy seun, Zanrik. Meer as ‘n jaar gelede was ek en Dima vir ‘n baie vol en geseende naweek van bediening in die historiese stad, Volgagrad, op die Volga rivier. Biskop Alexey Rudenki van Volgagrad gemeente, het ons uitgenooi vir bediening. Alexey is een van die mees invloedryke geestelike leiers in die hele Rusland. Op sy versoek om met ‘n gemeente in Suid Afrika te koppel, het ek die oortuiging gekry dat Pastor Freddie Steenkamp die aangewese persoon is. Na baie oor-en-weer korrespondensie is hierdie besoek gereel.

Na twee vol en vrugbare bedieningsdae in Mosko, het Pastor Freddie en Zarkis vanaf SA gearriveer en ons is saam na Volgagrad. Dit was ‘n baie geseende tyd en het bediening in twee ander dorpe in die omgewing ook ingesluit. Freddie en Zanrik is met oop arms en harte en met baie groot waardering ontvang deur Pastoor Alexey en sy gesin en die hele gemeente. Hulle bediening was baie geseend en vrugbaar. Ons het saam besef dis ‘n konneksie wat deur die Heilige Gees verseel is en dat dit sal uitbrei en tot baie groot seen sal wees vir beide gemeentes en selfs ook wyer vir die kerk in Suid Afrika en in Rusland. (Dit is nou reeds bevestig deur ‘n opvolgbesoek, ‘n paar weke terug, waar Pastoor Freddie saam met sy gesin vir meer as ‘n week in Volgagrad was.)

Vanaf Volgagrad het ons twee baie vol en geseende dae gehad in Rastov, die groot stad na aan die grens van Georgia. Daar het ons omtrent 10ure per dag bedien en vroeer besoeke se vrug en uitnodigings vanuit Rastov en gemeentes in die groter Rastov-Provinsie, het vermeerder.

Ons het daarna saam gevlieg na StPetersburg. Freddie en Zanrik was die eerste naweek saammet ons en ons het Sondagoggend saam bedien in Pastor Michael Kotov se gemeente, dis een van die drie grootste gemeentes in StPetersburg. Dit was ‘n besondere ondervinding. Freddie het ook saamgestem dat die aanbiddingsspan een van die mees gesalfde groepe is wat hy nog beleef het. Hy het die voorreg gehad om teen die einde saammet hulle te sing en te aanbid! Vir my en vir Dima en Katja was dit ‘n kosbare ondervinding om die tydjie saammet Freddie en Zanrik te kon wees. As span het Vader ons saamgesnoer en saam geseen! Ons is lief vir hulle!!

Persoonlik voel ek dat die verhouding wat Vader vir ons gegee het in StPetersburg met Pastoor Michael en sy gesin en die hele “Fontein van Lewe” gemeente een van ons baie belangrike strategiese Koninkyksverhoudinge is en sal wees. Die dinamiek van die werking van die Heilige Gees in die gemeente as korporatiewe liggaam van Christus, is besonders. Ek het die voorreg gehad om, behalwe die Sondagdiens, vir 6 oggende vir 3-4 ure elke oggend, Maandag tot Woensdag, vir twee weke, intensiewe Woordlering te bedien aan ’n groep van heelwat meer as 100 kern-gemeentelede. Net oor die unieke belewing kan ek ‘n baie lang brief skryf. Dit was ‘n ervaring van Heilige Gees Woord-openbaring en impartasie binne ‘n korporatiewe konteks, wat letterlik elke persoon ingesluit het, soos wat ek selde te vore op so ‘n skaal beleef het. Eintlik is dit onbeskryflik. Die vrug is blywend en dis asof ‘n nuwe baie kosbare gees-dimensie van lewe en bediening ‘n groter konstante en groeiende realiteit ook vir my persoonlik geword het.

Die laaste week was dit so ‘n aangename verrassing toe ‘n groep SA studente van die “Timotheus Bybelskool” van “First Love Church” in Wellington, twee van die oggendbyeenkomste saammet ons kon wees.

Die volgende is ‘n kort uittreksel wat ek in StPetersburg geskryf het:

“I believe we all had an experience that the process of ‘age-ing’, the natural downward trend of the graph of our lives, was re-versed. We literally witnessed, and personally and corporately experienced, the amazing renewal through the Word and Spirit – from glory to glory -as through the Spirit who is the LORD! It was and is the most dynamic experience and reality:- at the end of a three to five-hour time of Spirit-Word-revelation-truth we were all, as individuals and together as corporate body of Christ, stronger and more refreshed and ‘brighter’, more enlightened than when we started – this was true for our spirit, soul and body! Ministering in a rehabilitation centre in this city, we witnessed the same. The pure power of the revealed Word through the total activity of the Holy Spirit set people free and rejuvenated them. Individuals that were ‘dumb’ because of years of the dominion of darkness and the deception of satan through his evil spirits, were so renewed that their faces shone with the light that enlightened them! We ministered to individuals and to the group literally the restoration of even physical brain-cells that were destroyed because of the poison of addiction under the complete control of the lie that operated and polluted and destroyed so much in them. It is an amazing and liberating experience to witness the power-effect of the Gospel that enlightens the understanding of those whose minds were darkened through the deception of the spirit of darkness and evil. We together witnessed the power and reality of ‘NEW CREATION IN CHRIST – the old has passed! BEHOLD!! ALL IS NEW!!’

Die werk in ons basis in Belgarod Dnestrovski brei uit en ook daar seen Vader baie. Jacobi is geweldig besig. ‘n Hele paar van die mense wat driemaal ‘n week by ons ‘n volle middagmaal kry en ook vir tenminste 30-40 minute met lewende Woord bedien word, het vir Christus aangeneem as Verlosser. Ons het 10 van hulle gedoop. Jacobi het ook gereelde 3X per week middagbyeenkomste. Ons besef egter dat die mense wat so vanuit totale verlorenheid en verslaafdheid tot bekering kom, ‘n plek nodig het waar hulle vir ‘n paar maande voltyds versorg kan word in ‘n ‘gesins’-omgewing en atmosfeer waar hulle ‘veilig’ is en gevoed word met die ‘Brood van die Lewe’. Hulle moet ook dan besig gehou word met fisiese aktiwiteite en werk. Dit is wat so besonder suksesvol hierin Siberie gebeur! Feitlik elke gemeente wat geplant word begin onmiddelik met ‘n ‘rehabilitasie sentrum’. Al is dit ‘n klein en baie basiese kamer of twee met baie eenvoudige geriewe – (feitlik al die plekke in die platteland van Siberie het nog slegs buite ‘long-drop’ toilette!) Die vrug van hierdie tipe bediening is besonders! Ook in Oekraine is daar oral sulke rehab-sentrums met wonderlike sukses resultate. Ek het reeds genoem dat van die sterkste leiers en predikante en sendelinge hier in Rusland is mense met ‘n misdaad en totale verslawings agtergrond, wat via hierdie rerhab-sentrums gekom het. Bid asseblief dat ons spoedig ook in Belgarod Dnestrovski so ‘n sentrum sal bekom en dat ons die regte persone sal kry om voltyds as bedieningspaar saammet die inwoners daar te kan bly. In ‘n latere skrywe wil ek meer vertel van hierdie besondere bediening.

Verlede naweek was daar so baie mense in ons basis dat Jacobi ekstra slaapplekke spesiaal moes inrig. Daar bly nou ook ‘n gesin van Iran, Saeid en sy vrou, Ziba. En hul twee jong seuntjies, Navid,10, en Omid, 8 jaar oud, wat moes vlug vir hulle geloof in Christus. Hy was ‘n suksesvolle sakeman met o.a. sy eie groot passasiersbus. Hulle moes alles net so los – motor en huis en alles. ‘n Paar weke terug het ek hulle in Kiev by die Messiaanse diens ontmoet en vir hulle bedien en gebid. Hulle was toe net ‘n paar weke in Kiev met ‘n tydelike permit. Hulle moes toe juis hulle tydelike woonstel in Kiev ontruim. Jacobi het hulle toe uitgenooi na Belgarod. Ons het hulle treinkaartjies betaal en ander koste om te kom vanaf kiev na Odessa en met ‘n spesiale mikrobussie met al hul bagasie tot in ons basis in Belgarod. Hulle bly nou in ‘n woonstel in ons gebou. Jacobi leer hulle almal Engels en die twee seuntjies is nou voltyds in haar skool! Die afgelope paar dae was daar nog twee ander Iranieers ook in die basis, my vriend Amin, wat ek drie jaar terug aan Christus voorgestel het, en ‘n jongman wat ‘n rukkie terug vir Christus as Saligmaker leer ken het. Hulle kon vir Jacobi help met tolkwerk die naweek. Die gesin van Iran kon slegs hulle Persiese taal praat toe hulle in Kiev gekom het. Hulle leer nou vinnig Engels en Russies! Jacobi het ‘n volledige onderwys-sillabis waarvolgens sy hulle met volkome toewyding onderrig. Sy het met soveel dringendheid vir my gevra of hulle nie maar kan saamgaan na SA vir die 2-3 maande wat ons daar sal wees sodat sy kan aangaan met hulle onderwys! Reeds drie jaar terug het Vader met ons gepraat oor die noodsaaklikheid dat ons in Oekraine ‘n opleidingsplek moet he waar gelowiges van Moslemlande opgelei en toegerus kan word om terug te kan gaan na hulle eie mense as draers en verkondigers van God se Goeie Nuus. Bid asb daaroor. Ons harte is brandend om die Evangelie ook te verkondig aan die miljoene Moslems in die lande rondom ons.

Bid asb vir kort tydjie wat oor is voordat ons moet terugkom na SA. Behalwe hierdie besoek in Siberie, moet ek nog vir tenminste twee weke na die Suide van Rusland toe gaan, na die groot stad Rastov, en ander dorpe en stede in daardie provinsie. Ons moet ook weer in StPetersburg bedien vir ‘n paar dae en in Mosko. Ons wil ook weer voor die einde vd jaar in Kaliningrad vir ‘n paar dae wees – dis die deel van Rusland tussen Poland en Lithuania waar ons presies ‘n jaar gelede vir die eerste keer was en so ‘n merkwaardige tyd van God se werking daar beleef het. In Oekraine is daar ook baie dringende uitnodigings en ‘beloftes’ van besoeke wat ek nog nie kon nakom nie! Wonderlike vrugbare en geseende tye in Oekraine in baie veskillende stede en dorpe beleef die afgelope paar maande. Kan nie nou ook daaroor skryf nie!

Ons sou baie graag weer ‘n SA ouerpaar wou he om in ons plek by ons basis te wees in Belgarod Dnestrovski gedurende die tydperk wat ons in SA sal wees. Bid asb saammet ons hieroor.

Wonderlike nuus: Dima en Katja se baba is 10 Oktober, op Jacobi se verjaardag, gebore! Dawid is ‘n pragtige sterk 4.2 kg seun! Groot offer vir Dima om nou hier te wees! Dankie vir julle voorbidding ook vir hulle.

Ons wil net weer baie, baie dankie se vir julle, ons familie in SA, wat die afgelope maande dit vir ons moontlik gemaak het om onverpoos voort te gaan met die steeds uitbreidende bediening waartoe Vader ons so duidelik geroep het. Sonder julle getroue liefde-ondersteuning in gebede en ook finansiele bydraes, sou ons onmoontlik kon voortgaan met die werk hier. Nog nooit voorheen het ons so ‘n vol en vrugbare tyd in bediening beleef soos die afgelope jaar nie. Die momentum van bediening neem toe en ons ervaar ‘n afgesonderheid en totale toewyding en fokus en ‘n toenemende dringendheid in die vervulling van Christus se Groot Opdrag wat ek in woorde nie kan uitdruk nie.

Ons bid en seen julle in Jesus wonderlike Naam. Skryf asseblief en laat ons weet ook van gebedsversoeke waarvoor ons vir julle kan intree by Vader!

Ons is baie dankbaar ook vir naamlose bydraes wat van tyd tot tyd vir die werk hier gemaak word. Ons sal dit waardeer as hierdie kosbare ‘naamlose’ donateurs jullself aan ons sal bekend stel! Ons wil graag persoonlik skryf en dankie se en vir julle rapport gee van wat hier gebeur! As daar iemand is wat ‘n bydrae vir die werk hier maak en nie ‘n skrywe van ons terug ontvang nie, laat ons asb weet en stuur vir ons julle adres, dan sal ons dadelik terug antwoord. Baie dankie! Ons waardeer elkeen volkome!

Die LIEFDE VAN CHRISTUS dring ons! Ons leef nie meer vir onsself nie, maar vir die EEN wat vir ALMAL GESTERF en OPGESTAAN het! (2Kor.5:14)

Al ons liefde en seen vir julle.

Fil.1:2-11.

(Ek het reeds ‘n Engelse brief geskryf en feitlik voltooi. Ek het toe besluit om eers met julle in Afrikaans te gesels en dan later die Engelse skrywe klaar te maak en aan almal te stuur)

thenations4jesus@yahoo.com

Leon’s mobile phone number in Ukraine: +380985517125

Bank account in South Africa: ABSA.

MISSION UKRAINE. Bank number: 9121035563

Bank account in South Africa: ABSA.
MISSION UKRAINE. Bank number: 9121035563[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]

Testimonials

Follow Us

Mirror-Word-Facebook    Mirror-Word-Twitter    

11 + 6 =

Share This