Riaan Kloppers (SA)
Hallo Francois!
Ek wil net hiermee baie baie dankie se vir die afgelope 7 weke wat jy kom praat het met ons by United. Ek het elke Sondag die dag om gewens om by die kerk te kan uitkom om hierdie honger so bietjie te stil. Voorwaar elke keer was vir my voedsaam en die boodskap wat jy elke keer oorgedra het, het hier binne my soos ‘n bekende liedjie sy herhaling gevind. Ek ry een oggend werk toe op my fiets en ek vind myself met die besef, “My Vader is hier nader aan my as my asemhaling!!” …jou woorde van die vorige Sondag. En ek dink daaraan hoe baie moeite my ouers sal doen net sodat ek in kontak kan kom met hulle elke week, sorg dat ek ‘n foon het, maak reëlings dat hulle sal bel sodat ek nie airtime moet gebruik nie, skryf emails vir my, alles sodat ek nie ver is om met hulle te kan kommunikeer nie. En dan kom die woorde weer: “My Vader is nader aan my as my asemhaling!”
Sjoe ek voel hoe God met moeite als so maak werk dat ek net ‘n gedagte aan Hom kan rig en Hy is daar, selfs nog voor ek ‘n gedagte rig aan Hom. Hy’t als deurgegaan en beplan net om met my te kan connect… dis sooooo amazing.
So ja, ek wil maar net baie dankie sê vir de tyd wat jy opsy gesit het en met ons kom praat het elke Sondag aand. Die afgelope 7 weke het ‘n groot impak in my lewe gemaak en ek herkou nog daagliks aan die woorde. Ai dis sommer ‘n leemte om nie weer bymekaar te kan kom by die kerk nie. Maar ek onthou jou verhaal van die arend wat die stem gehoor het en toe onmiddellik geweet het wat om te doen. Ek het die call gehoor, en ek weet wat om nou te doen…
Ek is opreg dankbaar dat ek jou woorde kon hoor, en ek juig hier binne met die wete elke gedagte word gemeet aan die gehoorsaamheid van Christus, en geen ander standaard nie. Dit bring onmeetlike vryheid vir my, en ek weet wat om met hierdie vryheid te doen, vandag, more, daarna… tyd bring verandering, dit bring uniekheid aan elke persoon en omstandigheid, en saam met die vryheid van Christus se gehoorsaamheid is daar geen ander manier as om net te sien en besef hoe regtig wow hierdie hele bestaan van lewe is…
The watchmaker knew his own time is but a blink, so he always chose to give his best, measuring and mounting the tiny parts of the clock, creating and perfecting time in its smallest and most precise detail. And all the while the perfection of eternity patiently awaited him all around, the measuring and molding of his being by the Timemaker himself, making his days count instead of counting his days…
Baie sterkte met als en vir dit wat vorentoe lê, ek bid vir jou en Lydia die oorwinnende krag van Heilige Gees binne julle om meer as oorwinnaars in elke omstandigheid te kan wees en hierdie boodskap te kan uitdra en ‘n verskil te kan maak.
Riaan Kloppers Hermanus, South Africa November 14, 2015